‘Roep die jaar van die welwillendheid van Jehovah uit’
“Die jaar van die welwillendheid van Jehovah” is nie ’n letterlike jaar nie
-
Dit is ’n tydperk waartydens Jehovah die sagmoediges die geleentheid gee om te reageer op sy boodskap van vryheid
-
In die eerste eeu het die jaar van welwillendheid in 29 HJ begin toe Jesus sy bediening begin het, en dit het in 70 HJ geëindig met “die dag van die wraak” van Jehovah toe Jerusalem vernietig is
-
In ons dag het die jaar van welwillendheid begin toe Jesus in 1914 in die hemel op die troon geplaas is, en dit sal eindig met die groot verdrukking
Jehovah seën sy volk met “groot bome van regverdigheid”
-
Die hoogste bome ter wêreld groei gewoonlik saam in woude waar hulle mekaar kan versterk
-
Groot wortelstelsels is waarskynlik ineengevleg, wat die bome anker en hulle help om tydens storms te bly staan
-
Die hoë bome se skaduwees beskerm die jong boompies en die blare wat afval, voed die grond
Alle lede van die wêreldwye Christengemeente vind baat by die ondersteuning en beskerming van die “groot bome van regverdigheid”, die gesalfde oorblyfsel