Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Verbly julle in julle hoop

Verbly julle in julle hoop

Hoop is soos ’n anker (Heb 6:19). Dit sal ons help om geestelik standvastig te bly wanneer die storms van die lewe ons tref (1Ti 1:18, 19). Hierdie storms kan persoonlike teleurstellings insluit of die verlies van materiële dinge, ’n uitgerekte siekte, die dood van ’n geliefde of enige ander bedreiging van ons geloof.

Geloof en hoop help ons om die beloofde beloning duidelik te sien (2Ko 4:16-18; Heb 11:13, 26, 27). Of ons nou ’n hemelse of ’n aardse hoop het, ons moet altyd ons hoop versterk deur te peins oor die beloftes in God se Woord. Wanneer ons dan moeilike tye ondervind, sal dit makliker wees om ons vreugde te behou.—1Pe 1:6, 7.

KYK NA DIE VIDEO VERBLY JULLE IN DIE HOOP, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • Waarom is Moses ’n goeie voorbeeld om na te volg?

  • Watter verantwoordelikheid het gesinshoofde?

  • Watter projekte vir Gesinsaanbidding kan julle saam doen?

  • Hoe kan hoop jou help om met vertroue te volhard?

  • Waarna sien jy uit?