SKATTE UIT GOD SE WOORD
Hou aan om Jehovah se leiding te vra
Die Israeliete het Jehovah oor en oor vir leiding gevra (Rig 20:17, 18, 23; w11 9/15 32 ¶2)
Die Israeliete het uiteindelik ten volle op Jehovah vertrou om hulle te help om alle oneer van sy naam te verwyder (Rig 20:26-28)
Ons moet aanhou om Jehovah se leiding te vra en heeltemal op hom vertrou (Rig 20:35; Lu 11:9; w11 9/15 32 ¶4)
VRA JOU AF: ‘Vra ek Jehovah onmiddellik om my te help wanneer ek deur ’n moeilike tyd gaan? Vra ek hom oor en oor vir wysheid en leiding?’