SKATTE UIT GOD SE WOORD
Wie is jou koning?
Die Israeliete was voorbarig toe hulle vir ’n mensekoning gevra het (1Sa 8:4, 5; it-2-E 163 ¶1)
Die Israeliete was nie tevrede om Jehovah as hulle onsigbare Heerser te hê nie (1Sa 8:7, 8; w11 1/1 27 ¶1)
Jehovah het hulle gewaarsku oor wat sou gebeur as hulle ’n mensekoning sou hê (1Sa 8:9, 18; w10 1/15 30 ¶9)
Jehovah het nog altyd oor sy skepping regeer. Hy regeer op ’n liefdevolle manier, en hy laat dié wat sy heerskappy ondersteun, waardig voel. As ons gehoorsaam is aan sy heerskappy en dit ondersteun, sal ons ewige seëninge ontvang.
VRA JOU AF: ‘Hoe wys ek in my persoonlike lewe dat ek die manier hoe Jehovah regeer, ondersteun?’