LÊ JOU TOE OP DIE VELDBEDIENING | VERGROOT JOU VREUGDE IN DIE BEDIENING
Help Bybelstudente om slegte vriende te vermy
Bybelstudente moet goeie vriende kies as hulle Jehovah se vriend wil wees (Ps 15:1, 4). Goeie vriende sal hulle help om te doen wat reg is. – Spr 13:20; lff les 48.
Wanneer jy jou Bybelstudente help om slegte vriende te vermy, moet jy wys dat jy vir hulle omgee. Hulle vind dit dalk moeilik om op te hou om tyd te spandeer met hulle wêreldse vriende. Daarom moet jy ook op dae wanneer jy nie met hulle studeer nie vir hulle wys dat jy persoonlik in hulle belangstel. Dit kan ’n teksboodskap, ’n oproep of ’n kort besoek insluit. Wanneer jou studente vordering maak, kan jy hulle dalk nooi om saam met God se volk tyd te spandeer. Hulle sal dan duidelik sien dat hulle baie meer vriende kry as wat hulle verloor (Mr 10:29, 30). Dit sal jou ook gelukkig maak wanneer jy sien hoe Jehovah se familie al hoe groter word.
KYK NA DIE VIDEO HELP JOU BYBELSTUDENTE OM SLEGTE ASSOSIASIE TE VERMY, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:
-
Wat is slegte assosiasie? – 1Kor 15:33
-
Hoe het Jade gedink sou dit wees as Christene saam kuier?
-
Hoe het Neeta vir Jade gehelp om goeie vriende te maak?