Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Sosiale netwerke — Vermy die vangplekke

Sosiale netwerke — Vermy die vangplekke

HOEKOM DIT BELANGRIK IS: Soos met enigiets anders, het sosiale netwerke voordele en nadele. Party Christene wil nie sosiale netwerke gebruik nie. Ander Christene gebruik sosiale netwerke om met hulle familie en vriende kontak te hou. Maar die Duiwel wil hê dat ons sosiale netwerke op die verkeerde manier moet gebruik. Dit kan vir ons ’n slegte naam gee en Jehovah seermaak. Soos Jesus, kan ons die beginsels in God se Woord gebruik om gevare raak te sien en dit te vermy. — Lu 4:4, 8, 12.

VANGPLEKKE WAT ONS MOET VERMY:

  • Te veel tyd op sosiale media. As ons ure en ure op sosiale netwerke of sosiale media is, kan dit kosbare tyd mors wat ons vir Jehovah kan gee.

    Bybelbeginsels: Ef 5:15, 16; Flp 1:10

  • Om na verkeerde goed te kyk. As ons na uitlokkende goed kyk, kan ons verslaaf raak aan pornografie of seksueel sondig. Ons geloof kan ook verswak word as ons afvallige materiaal of blogs lees.

    Bybelbeginsels: Mt 5:28; Flp 4:8

  • Om ongepaste kommentare of foto’s op te laai. Omdat die hart bedrieglik is, is ’n mens dalk geneig om ongepaste kommentare of foto’s op ’n sosiale netwerk te laai. Maar daardeur kan jy iemand anders ’n slegte naam gee of dit kan sy geloof verswak.

    Bybelbeginsels: Ro 14:13; Ef 4:29

KYK NA DIE VIDEO WERK SLIM MET SOSIALE NETWERKE, EN BESPREEK DAN HOE DIE VOLGENDE SITUASIES VERMY KAN WORD: