Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Volg Christus se voetstappe noukeurig

Volg Christus se voetstappe noukeurig

Ons moet Jesus se voorbeeld volg, veral wanneer ons voor toetse of vervolging te staan kom (1Pe 2:21-23). Jesus het mense nooit probeer terugkry wanneer hy sleggesê is nie, nie eers toe hy gely het nie (Mr 15:29-32). Wat het hom gehelp om te volhard? Hy was vasbeslote om Jehovah se wil te doen (Joh 6:38). Hy het ook sy aandag gevestig gehou op “die vreugde wat hom voorgehou is”. — Heb 12:2.

Hoe reageer ons wanneer ons sleg behandel word oor ons geloof? Ware Christene vergeld nie “kwaad vir kwaad” nie (Ro 12:14, 17). Wanneer ons Christus navolg in die manier waarop hy lyding verduur het, kan ons gelukkig wees omdat ons God se goedkeuring het. — Mt 5:10-12; 1Pe 4:12-14.

KYK NA DIE VIDEO JEHOVAH SE NAAM IS DIE BELANGRIKSTE, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • Hoe het suster Pötzinger * haar tyd in alleenopsluiting op ’n wyse manier gebruik?

  • Watter slegte behandeling moes broer en suster Pötzinger verduur terwyl hulle in konsentrasiekampe was?

  • Wat het hulle gehelp om standvastig te bly?

Volg Christus se voetstappe noukeurig wanneer jy sleg behandel word

^ par. 6 Hierdie van word ook as Poetzinger geskryf.