Israel het Jehovah vergeet
Jeremia het ’n moeilike toewysing ontvang. Dit sou illustreer dat Jehovah ’n einde wou maak aan die hardkoppige trots van Juda en Jerusalem.
Jeremia het ’n linnegordel gekoop
-
Die gordel wat styf om sy heupe vasgebind was, het afgebeeld watter hegte verhouding daar tussen Jehovah en die nasie kon wees
Jeremia het die gordel na die Eufraatrivier geneem
-
Hy het dit in die kloof van ’n krans weggesteek en toe na Jerusalem teruggegaan
Jeremia het na die Eufraatrivier teruggekeer om die gordel te gaan haal
-
Die gordel was verrot
Nadat Jeremia die toewysing uitgevoer het, het Jehovah die betekenis daarvan verduidelik
-
Die feit dat Jeremia opreg gehoorsaam was in iets wat dalk klein gelyk het, het ’n rol gespeel in Jehovah se pogings om die volk se hart te bereik