Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Wie is jou aanlyn vriende?

Wie is jou aanlyn vriende?

’n Vriend word beskryf as “iemand wat geheg is aan iemand anders deur liefde en respek”. Byvoorbeeld, Jonatan en Dawid het ’n baie sterk vriendskap opgebou nadat Dawid vir Goliat doodgemaak het (1Sa 18:1). Elkeen het eienskappe gehad wat veroorsaak het dat hulle mekaar se vriende wou wees. So sterk vriendskappe is gebaseer op akkurate kennis. Om ’n ander persoon te leer ken, vat gewoonlik tyd en moeite. Maar op sosiale netwerke kan mense met net die kliek van ’n muis “vriende” word. Omdat mense aanlyn presies kan beplan wat om te sê en tot ’n mate kan beheer hoe ander hulle sien, is dit vir hulle maklik om weg te steek wie hulle regtig is. So dit is goed om mooi te dink oor watter soort mense jy as jou vriende sal aanvaar. As iemand wat jy nie regtig ken nie jou vriend op sosiale media wil wees, moet jy nie bang wees om sy versoek te ignoreer of om dit nie te aanvaar nie omdat jy dink dat jy sy gevoelens sal seermaak nie. As gevolg van moontlike gevare het party besluit om glad nie sosiale netwerke te gebruik nie. Maar as jy besluit om ’n sosiale netwerk te gebruik, wat moet jy in gedagte hou?

KYK NA DIE VIDEO WERK SLIM MET SOSIALE NETWERKE, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • Waaraan moet jy dink voordat jy kommentare en foto’s plaas?

  • Hoekom moet jy jou aanlyn vriende versigtig kies?

  • Hoekom moet jy beplan presies hoeveel tyd jy op ’n sosiale netwerk gaan spandeer? – Ef 5:15, 16.