Getuiepasiënte doen dikwels beter
AUSTRALIË: “Hospitaalpasiënte wat Jehovah se Getuies is—wat bloedoortappings om godsdiensredes weier—doen eintlik beter as ander pasiënte”, berig The Sydney Morning Herald van 2 Oktober 2012.
Die berig haal die woorde aan van die kliniese professor James Isbister van die Sydney- Mediese Fakulteit, Universiteit van Sydney. “Professor Isbister het gesê dat Jehovah se Getuies beter behandeling gegee is deur dokters wat die bloed van [die Getuiepasiënte] probeer bewaar het. Gevolglik het hulle ’n beter oorlewingsyfer gehad, en hulle het korter in die hospitaal en intensiewesorgeenheid gebly as mense wat tydens chirurgie bloedoortappings ontvang het”, berig die koerant.
Dokter Isbister se beskouings is geensins uniek nie. Aangaande Getuiepasiënte wat hartchirurgie ondergaan het, sê die Archives of Internal Medicine, 13-27 Augustus 2012: “Getuies het nie soveel ernstige komplikasies ondervind nie en het korter in die hospitaal gebly as pasiënte wat tydens soortgelyke operasies oortappings ontvang het.”