Betheltoere
Ons nooi jou hartlik om op toer te kom by ons takkantore, wat gewoonlik Bethel genoem word. Party van ons kantore het ook selfbegeleide uitstallings.
Toere begin weer: In baie lande het ons op 1 Junie 2023 weer met toere by ons takkantore begin. Vir meer inligting, kontak die takkantoor waar jy vir 'n toer wil gaan. Moet asseblief nie die takkantoor besoek as jy positief getoets het vir COVID-19, verkoue- of griepsimptome het nie of onlangs blootgestel is aan iemand wat positief getoets het vir COVID-19 nie.
Haïti
Toerbesprekings
Moet jy ’n toerbespreking maak voordat jy kom vir ’n toer? Ja. Om te keer dat te veel mense op een slag opdaag en om seker te maak dat almal die toer geniet, vra ons dat alle besoekers wat vir ’n toer kom, ’n bespreking maak voordat hulle opdaag, ongeag hoe groot die groep is.
Kan jy kom vir ’n toer as jy nie ’n bespreking gemaak het nie? As jy nie ’n toerbespreking maak nie, is daar ’n moontlikheid dat ons jou nie kan help nie. Maar om te help met ons beplanning, moedig ons jou aan om ’n bespreking te maak voordat jy kom.
Hoe laat moet jy vir jou toer opdaag? Om te keer dat die fasiliteit te vol raak, moet jy asseblief nie vroeër as ’n uur voor jou toerbespreking opdaag nie.
Hoe bespreek mens ’n toer? Kliek op die knoppie “Bespreek ’n toer”.
Kan jy ’n toerbespreking verander of kanselleer? Ja. Kliek op die knoppie “Kyk na of verander toerbesprekings”.
Wat as daar nie toere beskikbaar is op die dae wat jy verkies nie? Hou aan om die webwerf dop te hou. Toere word beskikbaar wanneer besprekings verander of gekanselleer word.
Toere
Santo 20, No. 9
Route de Croix-des-Bouquets
PORT-AU-PRINCE
HAITI
+509 2813-1560
+509 2813-1561
+509 2813-1562
Hoe om daar te kom
Punte van belang
Vertaal Bybellektuur in Haïtiaanse Kreools. Hou toesig oor die bedrywighede van meer as ??? gemeentes in Haïti.