15 JANUARIE 2016
AZERBEIDJAN
Regter stel verhoor en vrylating van die vroue weer uit
Op 14 Januarie 2016 het regter Akram Gahramanof van die Pirallahi-distrikshof in Bakoe, Azerbeidjan, weer die verhoor van me. Zakhartjenko en me. Jabrajilowa uitgestel. Sy rede daarvoor was dat hy nie die verhoor sonder me. Zakhartjenko kon hou nie; sy kon weens swak gesondheid nie in die hof kon verskyn nie. Hy het die saak uitgestel tot 28 Januarie 2016.
Die feit dat die saak uitgestel is, benadeel die vroue verder omdat hulle prokureurs die geleentheid ontsê is om ’n mosie vir hulle vrylating in te dien. Aangesien die 11 maande lange opsluiting veroorsaak het dat hulle siek geword het, het die onnodige vereiste van me. Zakhartjenko se teenwoordigheid in die hof en die sinnelose vertraging verdere mishandeling tot gevolg gehad.