18 JULIE 2019
BRASILIË
São Paulo, Brasilië – “Liefde faal nooit”!-internasionale streekbyeenkoms vir 2019
Datum: 12-14 Julie 2019
Plek: São Paulo Expo in São Paulo, Brasilië
Programtale: Brasiliaanse Gebaretaal, Engels, Frans, Italiaans, Portugees, Spaans
Bywoningshoogtepunt: 36 624
Aantal gedoop: 291
Aantal internasionale besoekers: 7 000
Genooide takkantore: Angola, Argentinië, België, Frankryk, Italië, Mosambiek, Portugal, Skandinawië, Suriname, Trinidad en Tobago, Slowakye en Tsjeggiese Republiek, Venezuela, Verenigde State
Plaaslike ondervinding: Maria Luiza Gonçalves, die kommunikasie-direkteur van die São Paulo-dieretuin, het gesê: “Ons hou baie spesiale geleenthede hier by die dieretuin en ons ontvang regdeur die jaar besoekers. Maar ek het nog nooit so ’n groot, vriendelike en georganiseerde groep gesien nie. Julle is baie liefdevolle mense. Ons kan sien hoe lief julle vir mekaar is deur die manier waarop julle mekaar behandel en in die liedjies wat julle sing.”
Plaaslike broers en susters verwelkom internasionale besoekers by die São Paulo Guarulhos-internasionale lughawe
Vier broers van São Paulo en die takkantoor in Brasilië hou ’n perskonferensie met joernaliste om die publiek in te lig oor die komende internasionale streekbyeenkoms
Internasionale besoekers doen velddiens saam met plaaslike verkondigers in São Paulo
Internasionale besoekers op die eerste dag van die streekbyeenkoms
Broers en susters maak notas gedurende die byeenkomsprogram
Broer Samuel Herd, ’n lid van die Bestuursliggaam, gee die laaste toespraak by Vrydag se program
Broers en susters word gedoop die Saterdagmiddag
Susters dra die program oor aan mense wat doof en blind is deur gebruik te maak van tasbare gebaretaal
Internasionale besoekers staan reg vir ’n foto
Spesiale voltydse dienaars waai vir almal op die laaste dag van die streekbyeenkoms