Spring na inhoud

Oorstromings in Karditsa, Griekeland

23 OKTOBER 2023
GRIEKELAND

Hewige storms veroorsaak groot oorstromings in sentraal-Griekeland

Hewige storms veroorsaak groot oorstromings in sentraal-Griekeland

Gedurende September 2023 het twee kragtige storms baie reën veroorsaak in sentraal-Griekeland. Die eerste groot storm, Daniel, het vanaf 4 tot 7 September vernietigende oorstromings in die gebied veroorsaak.

Drie weke later, vanaf 26 tot 28 September 2023, het nog ’n groot storm, Elias, verdere oorstromings in dieselfde gebied veroorsaak. In een stad het 14 sentimeter reën in minder as vier ure geval. Volgens verslae is ernstige skade aangerig aan besighede, huise en paaie in die gebied. Meer as 4 500 mense moes hulle huise verlaat. Altesaam 17 mense het gesterf.

Hoe ons broers en susters geraak is

  • Nie een van ons broers of susters het gesterf nie

  • 1 bejaarde suster is beseer

  • 270 verkondigers moet hulle huise verlaat

  • 11 huise is vernietig

  • 47 huise is erg beskadig

  • 51 huise is beskadig, maar nie te erg nie

  • 2 Koninkryksale is erg beskadig

  • 6 Koninkryksale is beskadig, maar nie te erg nie

Noodlenigingspogings

  • Kringopsieners en die plaaslike ouermanne voorsien geestelike en praktiese hulp aan dié wat deur die ramp geraak is

  • 2 Noodlenigingskomitees is aangestel om die noodlenigingspogings te organiseer

Ons bid vir dié wat deur die groot oorstromings in Griekeland geaffekteer word en sien uit na die tyd wanneer Jehovah, wat ‘bo die vloedwaters sit’, ’n einde sal maak aan alle natuurrampe. – Psalm 29:10.