5 SEPTEMBER 2024
JAPAN
Kragtige tifoon Shanshan veroorsaak groot skade regoor Japan
Op 29 Augustus 2024 het tifoon Shanshan die gebied van Kagoshima-prefektuur, Japan, getref met sterk winde van amper 160 kilometer per uur. Party dele van die Kanto-, Kioesjoe- en Tokai-streke het reënval van meer as 40 sentimeter in net 48 uur gehad, wat ’n rekord is. Hierdie swaar reën het modderstortings en oorstromings veroorsaak wat paaie en geboue beskadig het. Meer as 120 mense is beseer, en 8 mense het gesterf.
Hoe ons broers en susters geraak is
Nie een van ons broers of susters het gesterf nie
3 verkondigers is beseer
245 huise is beskadig, maar nie te erg nie
8 Koninkryksale is beskadig, maar nie te erg nie
Die tydsberekening van verskeie streekbyeenkomste in die gebiede wat geraak is, moes aangepas word as gevolg van die tifoon
Noodlenigingspogings
Kringopsieners en plaaslike ouermanne voorsien geestelike en praktiese ondersteuning aan dié in die gebied wat geraak is
Alhoewel sulke natuurrampe baie hartseer veroorsaak, kry ons krag deur middel van die ondersteuning wat ons van ons “helper en vertrooster”, Jehovah God, ontvang. – Psalm 86:17.