Spring na inhoud

Een van ons broers se huise wat deur die tifoon beskadig is

18 NOVEMBER 2019
JAPAN

Tifoon Bualoi tref Japan

Tifoon Bualoi tref Japan

Op 25 en 26 Oktober 2019 het tifoon Bualoi groot skade aan die ooskus van Japan veroorsaak. Vanaf September het drie kragtige tifone die ooste van Japan getref, die ander twee tifone was Faxai en Hagibis. Tifoon Bualoi het veroorsaak dat rivieroewers oorstroom, en dit het swaar oorstromings in die streek veroorsaak. Ten minste 81 huise van ons broers is beskadig. Nie een van ons broers of susters het gesterf as gevolg van die tifoon nie, maar een van ons susters is beseer. Die broers en susters in Tsjiba-prefektuur is swaar getref deur al drie tifone.

Drie noodlenigingskomitees (DRC’s) het alreeds noodlenigingspogings georganiseer in die gebiede wat deur tifoon Faxai en Hagibis geraak is. Hierdie DRC’s help ook nou almal wat deur Bualoi geraak is. Die takkantoor in Japan help die DRC’s om na die onmiddellike behoeftes van ons broers om te sien, soos om te help met skoonmaak, ontsmetting en om huise reg te maak. Kringopsieners maak reëlings om die broers en susters aan te moedig.

Ons bid vir ons broers in Japan gedurende hierdie moeilike tyd. Ons weet dat Jehovah sy aanbidders help “wat mismoedig is” as gevolg van hierdie reeks natuurrampe. – Psalm 34:18.