Spring na inhoud

1 JANUARIE 2019
KIRGISTAN

Positiewe regsverwikkeling in Osj, Kirgistan

Positiewe regsverwikkeling in Osj, Kirgistan

Op 30 November 2018 het Kirgistan se Departement van Justisie Jehovah se Getuies in die stad Osj geregistreer. Dit is die tweede grootste stad in Kirgistan.

In 2008 het ’n nuwe wet oor godsdiens in Kirgistan van krag geword. Hoewel ons broers vanaf 1998 nasionaal geregistreer is, het die plaaslike owerheid gereeld geweier om ons broers te registreer in stede in die suidelike deel van die land, waar Osj is. As gevolg hiervan het stadsowerhede dikwels ons broers se Christelike vergaderinge en openbare bediening as onwettig beskou. Dit het al gebeur dat die polisie privaat wonings of gehuurde plekke van aanbidding waar ons broers bymekaarkom, deursoek het.

Ons is so bly oor hierdie positiewe nuus. Dit sal dinge makliker maak vir die Getuies in Kirgistan om vryelik bymekaar te kom vir aanbidding en om die Bybel se boodskap vreedsaam aan ander te verkondig. – 1 Timoteus 2:1-4.