Spring na inhoud

25 JULIE 2014
KROASIË

Getuies organiseer noodleniging in die Balkan

Getuies organiseer noodleniging in die Balkan

ZAGREB, Kroasië—Noodlenigingskomitees bestaande uit Getuievrywilligers het, met die ondersteuning van verteenwoordigers van die takkantoor van Jehovah se Getuies in Duitsland, slagoffers van die ergste oorstromings in die geskiedenis van Bosnië-Herzegowina, Kroasië en Serwië te hulp gesnel. Stortreën van 13-15 Mei 2014 in die Balkan het ontsaglike oorstromings en ongeveer 3 000 grondstortings veroorsaak.

Die noodlenigingskomitees het dadelik vervoer, kos, klere en tydelike behuising aan die haweloses voorsien. Hoewel nie een van Jehovah se Getuies in die ramp dood is of beseer is nie, is ten minste 14 van hulle huise heeltemal vernietig of ernstig beskadig. En een plek van aanbidding wat deur die Getuies gebruik is, is vernietig. Die komitees koördineer nou herstel- en opknappingswerk aan beskadigde huise sowel as die oprigting van eenvoudige opslaanhuise vir diegene wie se huise vernietig is.

Josip Liović, ’n woordvoerder vir die takkantoor van Jehovah se Getuies in Kroasië, sê: “Ons is verlig om te verneem dat niemand in ons gemeentes in hierdie tragiese gebeurtenis beseer is nie, maar ons hart gaan uit na almal wat oor die dood van gesinslede en vriende treur. Regdeur die Balkan wend ons ’n spesiale poging aan om ons naaste te vertroos. Ons is ook dankbaar teenoor ons vriende in Duitsland wat ons kom help het om die noodleniging te organiseer wat in die komende weke en maande nodig sal wees.”

Mediaverteenwoordiger(s):

Internasionaal: J.R. Brown, Office of Public Information, tel. +1 718 560 5000

Kroasië: Josip Liović, tel. +385 91 5336 511

Serwië: Daniel Domonji, tel. +381 11 405 99 00

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000