Spring na inhoud

20 SEPTEMBER 2017
MEXIKO

Orkaan Max tref die suide van Mexiko

Orkaan Max tref die suide van Mexiko

Op 14 September 2017 het orkaan Max die kus van Mexiko, in die suidelike deel van die Stille Oseaan, getref. Dit het later tot ’n tropiese storm verswak. Die orkaan het sterk winde en swaar reën veroorsaak wat tot oorstromings gelei het en groot skade aangerig het.

Daar word nog vasgestel hoe die plaaslike gemeenskappe deur hierdie ramp geraak word. Maar ongelukkig word daar berig dat een van ons broers in die storm gesterf het terwyl hy probeer het om een van sy bure te help. Die takkantoor in Mexiko organiseer noodleniging en werk saam met die plaaslike gemeentes om diegene wat deur die ramp geraak word, te ondersteun.

Mediaverteenwoordigers:

Internasionaal: David A. Semonian, Office of Public Information, +1-845-524-3000

Mexiko: Gamaliel Camarillo, +52-555-133-3048