Spring na inhoud

9 DESEMBER 2016
NIEU-KALEDONIË

Oorstromings en modderstortings in Nieu-Kaledonië

Oorstromings en modderstortings in Nieu-Kaledonië

Op 21 November is die ooskus van Nieu-Kaledonië getref deur een van die swaarste reënbuie in die geskiedenis. Meer as 400 millimeter reën het in ’n periode van 12 uur geval. Die reën het verwoestende oorstromings en modderstortings veroorsaak waarin daar vyf mense dood is. Drie ander mense word vermis en nog ses is beseer.

Twee van die mense wat dood is, was Jehovah se Getuies. Hulle twee volwasse kinders is onder diegene wat vermis word.

Die dag na die ramp het twee verteenwoordigers van die takkantoor van Jehovah se Getuies in Nieu-Kaledonië die gebied besoek en geestelike bystand en noodlenigingsvoorraad voorsien. Meer as 40 plaaslike Getuies het as vrywilligers gehelp om medegelowiges se huise wat oorstroom het, skoon te maak.

Die Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies koördineer die noodlenigingspogings vanuit hulle wêreldhoofkwartier in New York en maak gebruik van bydraes tot die Getuies se wêreldwye predikingswerk.

Mediaverteenwoordigers:

Internasionaal: David A. Semonian, Office of Public Information, +1-845-524-3000

Nieu-Kaledonië: Jean-Pierre Francine, +687-43-75-00

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000