Spring na inhoud

21 SEPTEMBER 2017
PUERTO RICO

Berigte oor toestande ná orkaan Maria

Berigte oor toestande ná orkaan Maria

Op Woensdag 20 September 2017 het orkaan Maria, die vyfde grootste orkaan wat nog ooit die Verenigde State getref het, verskriklike verwoesting in Puerto Rico aangerig. Die hele eiland is op die oomblik sonder krag, en die regering het opdrag gegee dat niemand ná 18:00 op straat mag wees nie.

Volgens berigte is nie een van ons broers dood of beseer as gevolg van die orkaan nie. Noodleniging is reeds aan die gang. Die broers sal ’n Koninkryksaal wat nie beskadig is nie, as tydelike blyplek gebruik en ook as ’n sentrale punt om voorraad te versprei.

Die Bethel-geboue in San Juan het geringe skade opgedoen. Die broers is almal veilig, en ons het nie berigte ontvang dat enigiemand beseer is nie. Op die oomblik het hulle nie toegang tot die Internet nie en gebruik hulle ’n kragopwekker om elektrisiteit te voorsien.

Ons weet dat ons broers vertroos word deur die ywerige pogings van Jehovah se organisasie om hulle by te staan. — 2 Korintiërs 1:3.

Mediaverteenwoordiger:

Internasionaal: David A. Semonian, Office of Public Information, +1-845-524-3000