Spring na inhoud

25 SEPTEMBER 2017
PUERTO RICO

Jongste nuus oor Puerto Rico ná orkaan Maria

Jongste nuus oor Puerto Rico ná orkaan Maria

Tot en met 25 September 2017 het ons inligting van net 15 van die 19 kringopsieners in Puerto Rico ontvang. Volgens hierdie inligting is net een van ons broers beseer as gevolg van orkaan Maria. Ons het nog nie inligting ontvang van vier kringopsieners aan die westekant van die eiland nie omdat dit nog nie moontlik was om met hulle kontak te maak nie. Broers in kringe daar naby het reëlings getref om met motorfietse en 4x4 voertuie na die westekant te gaan sodat hulle kan vasstel wat die situasie is.

Ons hou aan om vir ons broers en susters te bid. — Jakobus 5:16.

Mediaverteenwoordiger:

David A. Semonian, Office of Public Information, +1-845-524-3000