Spring na inhoud

25 SEPTEMBER 2023
ROEMENIË

Getuies wat Romani (Roemenië) praat, kom van regoor Europa bymekaar vir die eerste in-persoon-streekbyeenkoms

Getuies wat Romani (Roemenië) praat, kom van regoor Europa bymekaar vir die eerste in-persoon-streekbyeenkoms

Van 1 tot 3 September 2023 het broers en susters wat Romani (Roemenië) praat, bymekaargekom om die ‘Wees geduldig’!-streekbyeenkoms vir 2023 te geniet. Alhoewel streekbyeenkomste in ander Romani-tale al gehou is, is hierdie die eerste in-persoon-streekbyeenkoms in Romani (Roemenië). Daar was altesaam 1 353 mense van België, Duitsland, Frankryk, Groot-Brittanje, Italië, Moldowa, Oostenryk en Roemenië wat die program in die Byeenkomssaal in Turda, Roemenië, bygewoon het. Ses-en-twintig is gedoop.

Broer Gage Fleegle gee die laaste toespraak van die streekbyeenkoms

Broer Gage Fleegle, ’n lid van die Bestuursliggaam, het die laaste toespraak elke dag van die streekbyeenkoms gegee. Broer Fleegle het die spesiale eenheid wat net God se volk vandag geniet, beklemtoon. Hy het almal wat daar was, aangemoedig om aan te hou om Jehovah geduldig en in eenheid te bly dien. Behalwe vir dié wat die Romani (Roemenië)-streekbyeenkoms bygewoon het, het byna 900 mense by twee ander streekbyeenkomste wat in Roemeens en Roemeense Gebaretaal gehou is, deur middel van videoverbinding by die laaste toespraak van elke dag ingeskakel.

Broers wat Romani (Roemenië) praat, groet mekaar hartlik by die Byeenkomssaal in Turda, Roemenië

Een van die broers wat Romani (Roemenië) praat, het gesê: “Dit is iets wat ons nooit sal vergeet nie! Wat ’n ongelooflike seëning van Jehovah om ’n streekbyeenkoms in ons taal te hê!” Iraklis Exarcheas, ’n kringopsiener wat Romani (Roemenië) praat, het gesê: “Ek is oortuig dat hierdie streekbyeenkoms die harte en verstande geraak het van baie mense wat Romani (Roemenië) praat en wat dit bygewoon het. Die program het dit duidelik gemaak hoeveel God vir alle mense omgee. Wat ’n wonderlike geskenk van Jehovah!”

Ons is saam met ons broers en susters wat Romani (Roemenië) praat, bly wat bymekaargekom het om Jehovah te loof en om by hierdie streekbyeenkoms deur hom geleer te word. – Psalm 26:12.