Spring na inhoud

Broer Igor Iwasjin

27 MAART 2020
RUSLAND

Broer Igor Iwasjin word dalk vir sewe jaar tronk toe gestuur in Rusland

Broer Igor Iwasjin word dalk vir sewe jaar tronk toe gestuur in Rusland

Op 31 Maart 2020 sal die Lenski-distrikshof van die Republiek van Sacha ’n uitspraak lewer in verband met broer Igor Iwasjin. Die aanklaer het versoek dat hy vir sewe jaar tronk toe gestuur moet word.

Op Februarie 2018 het die Jakoetsk-stadshof die polisie toestemming gegee om broer Iwasjin se telefoonoproepe af te luister. ’n Paar maande later het die plaaslike owerheid agt huise van Getuies, insluitende broer Iwasjin se huis, deursoek. Hy was saam met 21 ander Getuies na die polisiestasie toe gevat en ondervra. ’n Verteenwoordiger van die aanklaer het gesê dat broer Iwasjin die bedrywighede van ’n “ekstremistiese” organisasie gereël het.

Op 20 November 2019 is die saak teruggestuur na die aanklaer se kantoor omdat daar nie genoeg spesifieke bewyse was dat broer Iwasjin ’n misdaad gepleeg het nie. Die aanklaer het geappelleer, en die saak is teruggestuur na die distrikshof. Die verhoor het vroeg in Februarie 2020 begin.

Broer Iwasjin en sy vrou, Natalia, het twee dogters. Terwyl broer Iwasjin se hofsaak vinnig tot ’n einde kom, bid ons dat die Iwasjin-gesin sal aanhou om “ten volle [te] volhard met geduld en vreugde”. – Kolossense 1:11.