Spring na inhoud

Broer Ildar Oerazbachtin

18 OKTOBER 2022
RUSLAND

“Ek is trots om Jehovah se naam te dra”

“Ek is trots om Jehovah se naam te dra”

Op 10 Oktober 2022 het die Kezjemski-distrikshof van die Krasnojarsk-gebied broer Ildar Oerazbachtin skuldig bevind. Hy het ’n opgeskorte tronkvonnis van ses jaar gekry en hoef nie op hierdie stadium tronk toe te gaan nie.

Tydlyn

  1. 20 Julie 2021

    Ten minste vyf huise van Jehovah se Getuies word in die stad Kodinsk deursoek, insluitende die huis van Ildar en sy gesin. Hy word in ’n tydelike detensiefasiliteit geplaas

  2. 21 Julie 2021

    Word vrygelaat en onder huisarres geplaas. Word verbied om die telefoon of die internet te gebruik

  3. 20 September 2021

    Word uit huisarres vrygelaat en onder reisbeperkings geplaas

  4. 13 Januarie 2022

    Word aangekla van die hou van videokonferensies waar hy “diep studie van die Bybel aangemoedig het en broers en susters aangemoedig het om mekaar te ondersteun”

  5. 30 Maart 2022

    Kriminele verhoor begin

Profiel

Die ondervindinge van Ildar en ander broers en susters in Rusland herinner ons daaraan dat ons God, Jehovah, gretig en gereed is om ons in “moeilike tye” te help. – Psalm 46:1.