30 AUGUSTUS 2022 | BYGEWERK: 8 AUGUSTUS 2023
RUSLAND
JONGSTE NUUS – BROER BOETE GEGEE | ‘Hy hou aan om vertroue in Jehovah op te bou’
Op 3 Augustus 2023 het die Bikinski-stadshof van die Chabarowsk-gebied broer Sergei Kazakof skuldig bevind. Hy is ’n boete van 500 000 roebel (meer as R92 000) gegee.
Tydlyn
9 November 2020
Kriminele saak word gemaak. Word aangekla van die organisering van ekstremistiese bedrywighede
21 Desember 2020
Ondersoekkomitee en FSB-beamptes deursoek tien huise, insluitende Sergei s’n. Hy word gearresteer en in tydelike aanhouding geplaas
23 Desember 2020
Word in aanhouding voor sy verhoor geplaas
4 Junie 2021
Word vrygelaat uit aanhouding voor sy verhoor en onder huisarres geplaas
5 Augustus 2021
Word uit huisarres vrygelaat
28 Februarie 2022
Kriminele verhoor begin. Gedurende die voorlopige verhoor verwys die regter die saak terug na die aanklaer se kantoor omdat die aanklaer ’n prosedurefout gemaak het
28 April 2022
Die regter verander die uitspraak om die saak terug na die aanklaer se kantoor te verwys en beveel dat die oorspronklike hof weer met die regsaak moet begin
14 Junie 2022
Kriminele verhoor begin weer
Profiel
Sergei hou aan om te toon dat hy geloof in Jehovah het. Net soos hy, stem ons saam met die woorde in Psalm 31:14: “Ek vertrou op u, o Jehovah. Ek sê: ‘U is my God.’”