Spring na inhoud

Broer Boris Simonenko en sy vrou, Ida

1 FEBRUARIE 2023 | BYGEWERK: 1 AUGUSTUS 2023
RUSLAND

JONGSTE NUUS – BROER SKULDIG BEVIND | ‘Dit is nie my omstandighede wat moet verander nie’

JONGSTE NUUS – BROER SKULDIG BEVIND | ‘Dit is nie my omstandighede wat moet verander nie’

Op 28 Julie 2023 het die Kowrofski-stadshof van die Wladimir-streek broer Boris Simonenko skuldig bevind en hom tot twee jaar en sewe maande tronkstraf gevonnis. Maar as gevolg van die tyd wat hy in aanhouding voor sy verhoor was en onder huisarres was, beskou hulle sy vonnis as reeds uitgedien. Hy hoef nie op hierdie stadium tronk toe te gaan nie.

Profiel

Ons is vol vertroue dat Boris en sy familie sal aanhou om krag en vreugde te ontvang terwyl hulle na aan Jehovah bly. – 1 Kronieke 16:27.

Tydlyn

  1. 8 Februarie 2021

    Die owerhede het Boris se telefoongesprekke in die geheim afgeluister en opgeneem om ’n amptelike ondersoek teen hom te begin

  2. 17 Februarie 2021

    Sy huis is deursoek. Hy is ondervra en in tydelike aanhouding geplaas

  3. 18 Februarie 2021

    Kriminele saak is begin. Hy is daarvan aangekla dat hy vergaderinge van Jehovah se Getuies oor die internet hou. Hy is in aanhouding geplaas voor sy verhoor

  4. 13 Julie 2021

    Hy is uit aanhouding vrygelaat en onder huisarres geplaas

  5. 17 Februarie 2022

    Hy is vrygelaat uit huisarres en reisbeperkings is op hom geplaas

  6. 15 September 2022

    Kriminele verhoor het begin