18 MEI 2022 | BYGEWERK: 12 MAART 2024
RUSLAND
JONGSTE NUUS – BROER TRONK TOE GESTUUR | Inwer Sijoechof word met krag gevul
Op 7 Maart 2024 het die Maikop-stadshof van die Republiek van Adigeja broer Inwer Sijoechof skuldig bevind en hom tot ses jaar tronkstraf gevonnis. Hy is vanaf April 2021 in aanhouding voor sy verhoor en sal in aanhouding bly.
Tydlyn
15 April 2021
Word aangekla van ’n misdaad omdat hy gemeentelike vergaderinge deur middel van videokonferensie hou
16 April 2021
Die owerhede deursoek Inwer se huis sowel as die huise van vier ander Getuies van Jehovah. Hy word ondervra en in tydelike aanhouding geplaas
17 April 2021
Word in aanhouding voor sy verhoor geplaas
15 Augustus 2021
Word na ’n maksimumsekuriteit-detensiesentrum wat 110 kilometer van Maikop af is, oorgeplaas
13 September 2021
Kriminele verhoor begin
Profiel
Ons het die vertroue dat ons liewe broers en susters in Rusland sal “[aanhou] om krag te ontvang by die Here, want sy mag is groot”. – Efesiërs 6:10.
a Omdat broer Sijoechof op die oomblik in aanhouding is voor sy verhoor, was dit nie moontlik om kommentare van hom te kry nie.