Spring na inhoud

Boonste ry (van links na regs): Broer Aleksei Djadkin, Aleksei Goreli en Nikita Moisejef

Onderste ry (van links na regs): Broer Wladimir Popof, Jefgeni Razoemof en Oleg Sjidlofski

24 MAART 2022
RUSLAND

JONGSTE NUUS | Jehovah ondersteun die gesinne van ses broers wat in aanhouding is voor hulle verhoor

JONGSTE NUUS | Jehovah ondersteun die gesinne van ses broers wat in aanhouding is voor hulle verhoor

Op 19 September 2022 het die Goekowo-stadshof van die Rostof-streek broer Aleksei Djadkin, Aleksei Goreli, Nikita Moisejef, Wladimir Popof, Jefgeni Razoemof en Oleg Sjidlofski skuldig bevind. Broer Goreli en Sjidlofski is ’n tronkvonnis van ses en ’n half jaar gegee. Broer Djadkin, Moisejef, Popof en Razoemof is ’n tronkvonnis van sewe jaar gegee. Hulle vonnisse sal onmiddellik begin.

Tydlyn

  1. 8 Augustus 2020

    FSB-beamptes deursoek 17 huise van Jehovah se Getuies in drie stede in die Rostof-streek en in die stad Koersk. Broer Goreli, Moisejef, Razoemof en Sjidlofski word gearresteer en die volgende dag na ’n detensiesentrum voor hulle verhoor gestuur. Broer Popof word op ’n lys geplaas van mense wat deur die regering gesoek word

  2. 12 Augustus 2020

    FSB-beamptes arresteer broer Popof. Hy word twee dae later in aanhouding voor sy verhoor geplaas

  3. 21 Augustus 2020

    Nadat broer Djadkin na die owerhede gegaan het vir ondervraging, word hy in aanhouding voor sy verhoor geplaas

  4. 28 Junie 2021

    ’n Regsgeleerde besoek die ses broers by die detensiesentrum voor hulle verhoor. Hulle het hom vertel van die slegte toestande, insluitende die temperature in hulle selle wat tot 40 °C styg, muf teen die mure en gevangenes wat COVID-19 het

  5. 21 Julie 2021

    Omdat broer Popof asemhalingsprobleme het, word hy na ’n mediese eenheid by ’n ander detensiesentrum gestuur. Hy word later na ’n hospitaal oorgeplaas

  6. 30 September 2021

    Nadat broer Popof twee maande lank in die hospitaal is, word hy weer in aanhouding voor sy verhoor geplaas

  7. 17 November 2021

    Die kriminele verhoor begin, en al ses broers bly in aanhouding voor hulle verhoor

Profiel

Ons hou aan om onsself in gebed tot Jehovah in te span namens hierdie broers en hulle gesinne. Ons is oortuig dat Jehovah hulle die geloof en krag sal gee wat hulle nodig het. – Romeine 15:30.

a b c d e f Omdat al ses broers in aanhouding voor hulle verhoor is, was dit nie moontlik om persoonlike kommentare by hulle te kry nie.