Spring na inhoud

Suster Tatjana Piskarewa

13 SEPTEMBER 2023 | BYGEWERK: 12 MAART 2024
RUSLAND

JONGSTE NUUS – SUSTER SKULDIG BEVIND | “Ek is trots om een van Jehovah se Getuies te wees!”

JONGSTE NUUS – SUSTER SKULDIG BEVIND | “Ek is trots om een van Jehovah se Getuies te wees!”

Op 1 Maart 2024 het die Sowietski-distrikshof van die stad Oriol suster Tatjana Piskarewa skuldig bevind en haar tot twee jaar en ses maande dwangarbeid gevonnis. Sy sal in ’n tronk moet bly en gemeenskapsdiens op ’n toegewese plek moet doen.

Profiel

Soos Tatjana, kry ons krag en vertroosting omdat ons weet dat ons Jehovah verteenwoordig en dat hy altyd by ons is. Dit is vir ons ’n voorreg om sy Getuies genoem te word. – Jesaja 44:8.

Tydlyn

  1. 9 Desember 2020

    Tatjana en Wladimir se huis word deursoek. Wladimir word gearresteer

  2. 11 Desember 2020

    Wladimir word na ’n detensiesentrum voor sy verhoor gestuur

  3. 28 Oktober 2021

    Kriminele saak word teen Tatjana gemaak

  4. 10 April 2023

    Kriminele verhoor begin