1 MEI 2024 | BYGEWERK: 9 JULIE 2024
RUSLAND
JONGSTE NUUS – SUSTER SKULDIG BEVIND | “Ek sal nooit ’n ander lewe wil hê nie”
Op 8 Julie 2024 het die Tsentralni-distrikshof van Toljatti in die Samara-streek suster Galina Komissarowa skuldig bevind en haar ’n opgeskorte tronkvonnis van twee jaar gegee. Sy hoef nie op hierdie stadium tronk toe te gaan nie.
Profiel
Net soos Galina, beskou ons dit as iets kosbaars om Jehovah te ken en om hom met ons hele hart te dien omdat ons weet dat ‘ons aan hom behoort’. – Romeine 14:8.
Tydlyn
7 September 2023
Kriminele saak word gemaak
8 September 2023
Woonstel word deursoek, en Galina word ondervra
19 September 2023
Word onder reisbeperkings geplaas
18 Desember 2023
Kriminele verhoor begin