Spring na inhoud

Suster Tatjana Obizjestwit

6 MEI 2022 | BYGEWERK: 21 FEBRUARIE 2023
RUSLAND

JONGSTE NUUS – SUSTER SKULDIG BEVIND | Tatjana Obizjestwit vertrou op Jehovah

JONGSTE NUUS – SUSTER SKULDIG BEVIND | Tatjana Obizjestwit vertrou op Jehovah

Op 20 Februarie 2023 het die Wachitofski-distrikshof van Kazan van die Republiek van Tatarstan suster Tatjana Obizjestwit skuldig bevind. Sy is ’n opgeskorte tronkvonnis van twee jaar gegee. Sy hoef nie op hierdie stadium tronk toe te gaan nie.

Tydlyn

  1. 19 Januarie 2020

    Polisiemanne deursoek Tatjana se huis sowel as die huise van ’n hele paar ander Getuies van Jehovah in Kazan. Tatjana word ondervra en na ’n tydelike detensiesentrum gestuur

  2. 21 Januarie 2020

    Word vrygelaat en onder huisarres geplaas

  3. 25 Mei 2021

    Kriminele verhoor begin

Profiel

Ons word aangemoedig deur Tatjana omdat sy aanhou om op Jehovah te vertrou en nie op haar eie begrip staatmaak nie terwyl sy getrou volhard. – Spreuke 3:5.