Spring na inhoud

Broer Joeri Jakowlef

9 SEPTEMBER 2022 | BYGEWERK: 20 MAART 2023
RUSLAND

JONGSTE NUUS – TRONKVONNIS | “Ek is nou gelukkiger as ooit tevore”

JONGSTE NUUS – TRONKVONNIS | “Ek is nou gelukkiger as ooit tevore”

Op 17 Maart 2023 het die Sosnowoborsk-stadshof van die Krasnojarsk-gebied broer Joeri Jakowlef skuldig bevind en hom tot ses jaar en twee maande tronkstraf gevonnis. Hy is sedert Maart 2022 in aanhouding voor sy verhoor en sal in aanhouding bly.

Tydlyn

  1. Junie tot Desember 2021

    Die owerhede het Joeri se telefoongesprekke afgeluister en hom die heeltyd dopgehou

  2. 28 Maart 2022

    Kriminele saak word gemaak. Word daarvan aangekla dat hy vergaderinge van ’n ekstremistiese organisasie deur middel van videoverbinding reël. Die speurder het Joeri se huis sonder ’n lasbrief deursoek

  3. 29 Maart 2022

    Vyf huise van ander gesinne wat Jehovah se Getuies is, word deursoek asook die huis van ’n man met wie Joeri die Bybel bespreek het. Joeri word gearresteer en tydelik aangehou

  4. 30 Maart 2022

    Word in aanhouding voor sy verhoor geplaas

  5. 20 Junie 2022

    Kriminele verhoor begin

Profiel

Ons is vol vertroue dat Jehovah sal aanhou om sy getroue knegte te ondersteun en krag te gee terwyl hulle op hom hoop. – Jesaja 40:31.