Spring na inhoud

Broer Jefgeni Zinitsj

7 JULIE 2022
RUSLAND

Jefgeni Zinitsj bly lojaal aan Jehovah, net soos sy ouers en grootouers

Jefgeni Zinitsj bly lojaal aan Jehovah, net soos sy ouers en grootouers

Op 27 Junie 2022 het die Oktjabrski-distrikshof van Krasnojarsk broer Jefgeni Zinitsj tot ses jaar in die tronk gevonnis. Hy is onmiddellik in hegtenis geneem.

Tydlyn

  1. 11 Desember 2020

    Jefgeni se huis word deursoek

  2. 21 Januarie 2021

    Kriminele saak word gemaak

  3. 19 Oktober 2021

    Word amptelik aangekla van die organisering van die bedrywighede van ’n ekstremistiese organisasie

  4. 20 Oktober 2021

    Word onder reisbeperkings geplaas

  5. 14 Desember 2021

    Kriminele verhoor begin

Profiel

Ons is oortuig van Jehovah se liefde en vertroosting vir Jefgeni terwyl hy aanhou om sy familie se moed en volharding in moeilike tye na te volg. – Psalm 86:17.