Spring na inhoud

25 MAART 2020
RUSLAND

Uitspraak word vir die eerste keer verander in Rusland, broer Aloesjkin en vyf ander wen appèl

Uitspraak word vir die eerste keer verander in Rusland, broer Aloesjkin en vyf ander wen appèl

Op 25 Maart 2020 het die Penza-streekhof die uitspraak van broer Wladimir Aloesjkin, Wladimir Koeljasof, Andrei Maglif, Denis Timosjin, sowel as suster Tatiana Aloesjkina en Galija Olchowa verander. Hulle sake sal vir ’n herverhoor gestuur word.

Omdat broer Aloesjkin die appèl gewen het, sal hy binne die volgende paar dae uit die tronk vrygelaat word. Hy en die ander broers en susters sal nog steeds onder reisbeperkings en ander beperkings wees terwyl hulle vir die herverhoor wag.