Spring na inhoud

13 APRIL 2016
RUSLAND

Russiese owerhede verskerp hulle pogings om Getuies se regsentiteite te likwideer

Russiese owerhede verskerp hulle pogings om Getuies se regsentiteite te likwideer

Owerhede in verskeie streke van Rusland gaan voort om die vreedsame aanbidding van Jehovah se Getuies as “ekstremistiese bedrywighede” te bestempel.

  • Tjoemen, die Tjoemen-streek. Die aanklaer se kantoor het ’n Getuie wat ’n lid van die Plaaslike Godsdiensorganisasie in Tjoemen (LRO) is, valslik daarvan beskuldig dat hy “ekstremistiese lektuur versprei”. Nadat die Getuie skuldig bevind is, het die aanklaer ’n saak aanhangig gemaak om die LRO te likwideer. Die Hooggeregshof van die Russiese Federasie sal die saak op 14 April 2016 verhoor.

  • Elista, Republiek van Kalmikia. Die plaaslike polisiehoof het beveel dat die Koninkryksaal in Elista deursoek word en het Getuie-lektuur “ontdek” wat op die Federale Lys van Ekstremistiese Materiaal is. Die aanklaer van die Republiek van Kalmikia het die valse bewyse gebruik en ’n klag ingedien om die Getuies se regsentiteit in Elista te likwideer. Die saak is hangende by die Hooggeregshof van die Russiese Federasie.

  • Ander onlangse LRO-likwidasies, insluitende dié van Stariy Oskol en Belgorod is ook hangende by die Hooggeregshof van die Russiese Federasie.