Spring na inhoud

20 DESEMBER 2018
RUSLAND

Laaste dag van verhoor vir broer Arkadja Akopjan op 21 Desember

Laaste dag van verhoor vir broer Arkadja Akopjan op 21 Desember

Op 21 Desember 2018 was dit die laaste dag van die verhoor vir broer Arkadja Akopjan, ’n 70-jarige afgetrede kleremaker van die Russiese Republiek van Kabardino-Balkarië. Sy hofsaak is al meer as ’n jaar aan die gang in die Prohladni-streekhof. Hy verdedig homself teen die beskuldiging dat hy “ekstremistiese” lektuur versprei en ‘godsdienshaat aangehits’ het gedurende ’n Bybeltoespraak by ’n Koninkryksaal.

Ons weet nie of die regter ’n beslissing op 21 Desember sal lewer nie. Maar as hy skuldig bevind word, sal hy swaar beboet of tot 4 jaar tronkstraf gevonnis word.

Broer Akopjan is een van meer as 100 ander Getuies van Jehovah in Rusland teen wie kriminele klagtes gelê is vir hulle geloof. Daarom bid ons dat al ons broers en susters wat in die geloof vasstaan, sal aan hou om die vrede te hê wat net God kan gee. – Efesiërs 6:11-14, 23.