9 JANUARIE 2023
WÊRELDNUUS
Hoofkwartierprojek by Ramapo
Ramapo se dorpsraad keur spesiale permit goed
Op 28 Desember 2022 het Ramapo se dorpsraad ’n spesiale permit goedgekeur vir die Ramapo-bouprojek. a Hierdie spesiale permit laat toe dat ons die grond gebruik om kantoorgeboue, studio’s en woongeboue te bou wat ons nodig het. Ons kan nou ook die bome van die eiendom verwyder voordat die dorp se beplanningsraad die volgende fase van ons projek goedkeur. Daar word verwag dat dit later in 2023 sal gebeur. Hierdie spesiale permit sal keer dat daar nie groot vertragings met die projek sal wees nie.
Broer David Soto, wat op die Bouprojekkomitee dien, sê: “Ons is bly dat ons hierdie onlangse goedkeuring gekry het. Hoewel daar nog stappe is wat geneem moet word voordat ons met die konstruksie van die projek kan begin, is ons oortuig dat Jehovah sal aanhou om ons pogings te seën.”
Tydlyn vir Ramapo-bouprojek
5 Oktober 2019
Die Bestuursliggaam kondig planne aan om ’n nuwe fasiliteit op ’n eiendom in Ramapo, New York, te bou sodat alle mediaproduksie op dieselfde plek kan wees
26 Junie 2020
Formele voorlegging ingedien by Ramapo se dorpsraad
8 Julie 2020
Eerste projekvergadering word gehou met Ramapo se dorpsraad
31 Maart 2021
Eerste omgewingsimpakverklaring ingedien
8 Maart 2022
Beplanningsraad van die dorp Tuxedo gee ’n permit wat toelaat dat die ingang van die Ramapo-eiendom uitgebrei en verander kan word
12 Maart 2022
Finale omgewingsimpakverklaring aanvaar
9 November 2022
Ramapo se dorpsraad keur ’n nuwe wet goed wat ons sal toelaat om die eiendom vir kantore en woongeboue te gebruik
28 Desember 2022
Ramapo se dorpsraad gee goedkeuring vir ’n spesiale permit wat toelaat dat ons kantore en woongeboue kan bou en die bome van die eiendom kan verwyder
Wat nog moet gebeur
Goedkeuring van finale bouplanne
a Hierdie goedkeuring volg op die besluit van Ramapo se dorpsraad op 9 November 2022, wat dit moontlik maak om terselfdertyd aansoek vir die spesiale permit te doen en om goedkeuring vir die bouplanne te kry.