2 OKTOBER 2024
WÊRELDNUUS
Storm Boris veroorsaak groot oorstromings in dele van Sentraal-Europa
Vanaf 11 September 2024 het storm Boris swaar reën en kragtige winde in dele van Sentraal-Europa veroorsaak. Toe die storm op 12 September die suide van Pole getref het, het party gebiede soveel as 20 sentimeter reën in minder as 24 uur gekry. Dit het veroorsaak dat baie dorpe oorstroom het. Omdat dit so baie gereën het, het duisende mense nie elektrisiteit gehad nie. Die volgende dag, op 13 September, het Boris veroorsaak dat die noordelike dele van die Tsjeggiese Republiek meer as 50 sentimeter reën gekry het. Dit het groot skade aan huise, paaie en brûe aangerig.
Toe, op 14 September, het baie plekke in Roemenië oorstroom toe omtrent 25 sentimeter reën geval het. Ongeveer 5 000 huise is beskadig, en twee damme het in die Galați-provinsie gebars. op 18 September het Boris die noorde van Italië bereik. ’n Hele paar gebiede het byna 30 sentimeter reën in net 48 uur gekry, wat veroorsaak het dat riviere oorstroom.
Hierdie kragtige storm het veroorsaak dat duisende mense regoor vier lande hulle huise moes verlaat, en ten minste 19 mense het gesterf.
Hoe ons broers en susters geraak is
Tsjeggiese Republiek
Nie een van ons broers of susters is dood of beseer nie
79 verkondigers moes hulle huise verlaat
12 huise is erg beskadig
2 huise is beskadig, maar nie te erg nie
1 Koninkryksaal is erg beskadig
1 Koninkryksaal is beskadig, maar nie te erg nie
Italië
Nie een van ons broers of susters is dood of beseer nie
63 verkondigers moes hulle huise verlaat
7 huise is erg beskadig
21 huise is beskadig, maar nie te erg nie
1 Koninkryksaal is erg beskadig
4 Koninkryksale is beskadig, maar nie te erg nie
Pole
Nie een van ons broers of susters is dood of beseer nie
87 verkondigers moes hulle huise verlaat
61 huise is erg beskadig
85 huise is beskadig, maar nie te erg nie
2 Koninkryksale is erg beskadig
8 Koninkryksale is beskadig, maar nie te erg nie
Roemenië
Nie een van ons broers of susters is dood of beseer nie
1 verkondiger moes sy huis verlaat
2 huise is erg beskadig
5 huise is beskadig, maar nie te erg nie
Geen Koninkryksale is beskadig of vernietig nie
Noodlenigingspogings
Altesaam 6 Noodlenigingskomitees is aangestel om oor die noodlenigingswerk toesig te hou
Kringopsieners en plaaslike ouermanne gee aanmoediging uit die Bybel en voorsien praktiese hulp aan dié wat deur die oorstromings geraak is
Terwyl ons aanhou bid vir dié wat deur die wydverspreide oorstromings geraak is, is ons vol vertroue dat Jehovah op ’n liefdevolle manier hulle sal vertroos en ondersteun. – Jesaja 40:11.